Mark 8:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as Ek hulle vassend na hul huise wegstuur, sal hulle op die pad beswyk, want verskillende van hulle het van ver af gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 As Ek hulle met leë mae huis toe stuur, gaan hulle langs die pad van honger doodgaan. Party van hulle kom ook nog van ver af.”
Afrikaans 1933/1953 En as Ek hulle honger huis toe stuur, sal hulle op die pad beswyk, want sommige van hulle kom van ver.
Afrikaans 1983 As Ek hulle nou sonder kos huis toe stuur, sal hulle langs die pad beswyk. Party van hulle kom van ver af.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As Ek hulle honger huis toe stuur, sal hulle op pad beswyk. Sommige van hulle kom immers van ver af.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As Ek hulle nou honger wegstuur huis toe, dan sal hulle flou word voordat hulle by die huis is. Party van hulle het van ver gekom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As Ek hulle nou op ’n leë maag huis toe stuur, is Ek seker gaan party van hulle dit nie maak nie, want hulle bly baie ver.”