Mark 8:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jesus het met sy dissipels uitgegaan na die stede van Cesaréa-Filippi; en op die pad het Hy sy dissipels gevra en vir hulle gesê: Wie sê die mense is Ek?
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus en sy dissipels het Galilea verlaat en na die dorpies van Sesarea-Filippi gegaan. Op pad vra Hy sy dissipels toe: “Wie, sê die mense, is Ek werklik?”
Afrikaans 1933/1953 En Jesus en sy dissipels het uitgegaan na die dorpe van Cesar,a-Fil¡ppi; en op die pad vra Hy sy dissipels en sê vir hulle: Wie sê die mense is Ek?
Afrikaans 1983 Daarna het Jesus en sy dissipels na die dorpies naby Sesarea-Filippi gegaan. Langs die pad het Hy vir die dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is Ek?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus en sy dissipels het na die dorpe van Caesarea-Filippi vertrek. Op pad het Hy vir sy dissipels gevra: “Wie sê die mense is Ek?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus en sy dissipels het na dorpies naby Sesarea-Filippi gegaan. Terwyl hulle daarnatoe gestap het, het Jesus vir sy dissipels gevra: “Wat sê die mense, wie is Ek?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus-hulle is van daar af na die klein dorpies rondom Sesarea-Filippi toe. Terwyl hulle op pad was, vra Jesus sy volgelinge: “Wie sê die mense is Ek?”