Mark 8:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die blinde man aan die hand geneem en hom uit die stad gelei; en toe hy op sy oë gespoeg en sy hande op hom gelê het, vra hy hom of hy iets sien.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus neem die blinde man toe aan die hand en lei hom uit die dorpie. Toe spoeg Hy op die man se oë, sit sy hande op hom en vra vir hom: “Kan jy iets sien?”
Afrikaans 1933/1953 Hy neem toe die blinde by die hand en lei hom uit buitekant die dorp; en nadat Hy in sy oë gespuug en hom die hande opgelê het, vra Hy hom of hy iets sien.
Afrikaans 1983 Hy het die blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp uit gelei. Toe het Hy op sy oë gespoeg, sy hande daarop gesit en vir hom gevra: “Sien jy al iets?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe vat Hy die blinde man aan die hand en lei hom uit die dorp uit weg. En nadat Hy op sy oë gespoeg en sy hande op hom geplaas het, vra Hy hom: “Sien jy iets?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het die blinde man se hand geneem en Hy het hom uit die dorpie gelei. Jesus het op die man se oë gespoeg en Hy het sy hande op die man gesit. Toe vra Jesus vir hom: “Wat sien jy?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus vat toe die man aan die hand en lei hom uit die dorpie uit. Jesus spoeg toe op die man se oë en sit sy hand op die man. “Sien jy enigiets?” vra Jesus hom.