Mark 8:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die sewe onder vier duisend, hoeveel mandjies vol brokstukke het julle opgetel? En hulle sê: Sewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “En toe Ek die 4 000 met sewe brode gevoed het, hoeveel mandjies vol oorskiet het julle opgetel?” “Sewe,” het hulle geantwoord. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die sewe vir die vier duisend -- hoeveel mandjies vol brokstukke het julle opgetel? En hulle sê: Sewe. |
| Afrikaans 1983 | “En sewe brode vir die vier duisend, hoeveel mandjies vol stukke het julle toe oorgehou?” “Sewe,” sê hulle vir Hom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “En toe Ek die sewe brode vir die vierduisend gebreek het, hoeveel mandjies vol stukke wat oorgebly het, het julle toe opgetel?” Hulle antwoord Hom: “Sewe.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus vra toe weer: “En toe Ek die sewe brode gebreek het en vir die 4 000 mense kos gegee het, hoeveel groot mandjies vol stukkies het julle toe opgetel?” Die dissipels het geantwoord: “Sewe mandjies.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “En toe Ek met sewe brode 4 000 mense genoeg gegee het om te eet, hoeveel kos was daar toe oor?” vra Jesus. Weer laat hulle nie op hulle wag nie: “Sewe houers vol.” |