Mark 8:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As julle oë het, sien julle nie? en as julle ore het, hoor julle nie? en onthou julle nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Julle het oë — kan julle dan nie sien nie? Julle het ore — kan julle dan nie hoor nie? Onthou julle dan glad nie?
Afrikaans 1933/1953 Het julle oë en sien julle nie? En het julle ore en hoor julle nie?
Afrikaans 1983 Julle wat oë het, sien julle dan nie? Julle wat ore het, hoor julle dan nie? Onthou julle nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Het julle oë, en sien julle nie? Het julle ore, en hoor julle nie? “En onthou julle nie
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “ Julle het oë, maar julle sien nie, en julle het ore, maar julle hoor nie. “Kan julle nie onthou nie?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [18-19] Julle het oë, maar sien niks nie en het ore, maar gaan soos dowes deur die lewe. Kan julle dan nie onthou hoe baie kos oorgebly het toe Ek met vyf brode vir die 5 000 mense kos gegee het nie?” “Twaalf houers vol,” antwoord hulle vinnig.