Mark 8:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy het hulle bevel gegee en gesê: Pas op, pas op vir die suurdeeg van die Fariseërs en vir die suurdeeg van Herodes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus waarsku hulle toe: “Wees baie versigtig vir die suurdeeg van die Fariseërs en Herodes.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het hulle beveel en gesê: Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes. |
| Afrikaans 1983 | Jesus het hulle toe gewaarsku: “Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het hulle gewaarsku: “Pasop, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die •Fariseërs en die suurdeeg van Herodes. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het sy dissipels gewaarsku en vir hulle gesê: “Julle moet oppas, julle moet versigtig wees vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van koning Herodes.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus sluit toe daarby aan met ’n voorbeeld: “Wees baie versigtig vir die suurdeeg van die godsdienstige Jode wat hulleself die Fariseërs noem en ook vir die suurdeeg van Herodes.” |