Mark 8:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het diep in sy gees gesug en gesê: Waarom soek hierdie geslag na 'n teken? Voorwaar Ek sê vir julle, aan hierdie geslag sal geen teken gegee word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus sug toe diep en sê: “Waarom wil julle mense so graag ’n wonderteken hê? Ek verseker julle, Ek gaan aan hierdie bose geslag mense geen teken gee nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sug Hy swaar in sy gees en sê: Waarom begeer hierdie geslag 'n teken? Voorwaar Ek sê vir julle, aan hierdie geslag sal sekerlik geen teken gegee word nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy het diep gesug en gesê: “Waarom wil hierdie geslag 'n teken hê? Dit verseker Ek julle: Aan hierdie geslag sal beslis nie 'n teken gegee word nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het in sy binneste diep gesug en gesê: “Waarom vra hierdie geslag 'n teken? •Amen, Ek sê vir julle: Aan hierdie geslag sal beslis geen teken gegee word nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het gesug en gesê: “Hoekom wil die mense wat nou lewe, 'n wonderteken sien? God sal nie 'n wonderteken vir hulle wys nie. Dit is seker.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met ’n swaar sug sê Jesus toe: “Waarom soek hierdie mense net heeltyd na iemand wat buitengewone dinge kan doen? Laat Ek nou vir julle sê: so ’n bewys gaan Ek nie vir julle gee nie.” |