Mark 8:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Fariseërs het uitgegaan en met Hom begin ondervra en van Hom 'n teken uit die hemel gesoek om Hom te versoek.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die Fariseërs hoor van Jesus se aankoms, het hulle met Hom begin argumenteer. Om die egtheid van Jesus se aansprake te toets dring hulle toe by Hom aan op ’n goddelike wonderteken.
Afrikaans 1933/1953 En die Fariseërs het uitgegaan en met Hom begin redetwis en van Hom 'n teken uit die hemel gevra om Hom te versoek.
Afrikaans 1983 Daar kom toe Fariseërs wat met Jesus begin redeneer. Om Hom op die proef te stel, wou hulle van Hom 'n wonderteken uit die hemel hê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die •Fariseërs het na vore getree en begin om met Hom te redeneer. Om Hom te toets, het hulle Hom 'n teken uit die hemel gevra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar kom toe Fariseërs en hulle het met Jesus begin stry. Hulle wou Hom toets en kyk wat Hy doen. Daarom het hulle vir Hom gevra om 'n wonderteken te wys wat van God kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar kom Jesus toe ’n klompie godsdienstige Jode teë wat hulleself Fariseërs noem. Hulle wou met Hom kom stry. Om te kyk of Hy nie dalk iets verkeerds sal doen of sê nie, vra hulle Hom toe om vir hulle iets te doen as bewys dat God aan sy kant is.