Mark 7:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy sê vir hulle: Ten volle verwerp julle die gebod van God, sodat julle jul eie oorlewering kan onderhou.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sê toe weer vir hulle: “Julle verstaan die fyn kuns om God se opdrag opsy te skuif sodat julle julle tradisie kan handhaaf!
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou.
Afrikaans 1983 Hy het verder vir hulle gesê: “Julle verstaan die kuns goed om die gebod van God opsy te skuiwe en julle oorgelewerde gebruike in stand te hou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het ook vir hulle gesê: “Julle verstaan die kuns goed om die gebod van God opsy te skuif en sodoende julle tradisie te handhaaf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het ook vir hulle gesê: “Julle vergeet God se wette maklik, sodat julle kan aanhou doen wat julle voorouers altyd gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Julle is goed daarmee om God se wil eenkant toe te skuif en julle eie tradisies in die plek daarvan te sit.