Mark 7:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want terwyl julle die gebod van God tersyde stel, hou julle die oorlewering van mense vas, soos die was van potte en bekers, en baie ander soortgelyke dinge doen julle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle ignoreer God se opdrag en hou ten koste daarvan aan menslike tradisies vas.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas: die wassery van kanne en bekers, en ander dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie. |
| Afrikaans 1983 | “Julle laat die gebod van God los en hou aan die oorgelewerde gebruik van mense vas.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Julle versaak die gebod van God en klou vas aan die tradisie van mense.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle luister nie na wat God vir julle sê nie. Maar julle hou aan om te doen wat mense sê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle steur julle nie meer aan wat God van julle vra nie. Julle stel net belang in wat julle tradisies en voorouers sê. |