Mark 7:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy antwoord en sê vir hulle: Goed het Jesaja van julle geveinsdes geprofeteer, soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met hulle lippe, maar hulle hart is ver van My af. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het hulle geantwoord: “Julle skynheiliges! Die profeet Jesaja het dit raak gestel toe hy van julle geskryf het: ‘Hierdie volk eer My met hulle lippe, maar hulle hart is ver van My af. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy antwoord en sê vir hulle: Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. |
| Afrikaans 1983 | Hy antwoord hulle: “Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom. Julle is skynheiliges, soos daar geskrywe staan: “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En Hy antwoord hulle: “Jesaja het tereg oor julle skynheiliges geprofeteer, soos daar geskryf staan, “ ‘Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle harte is ver van My af. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus sê toe vir hulle: “Julle is skynheilig. Dit is waar wat die profeet Jesaja oor julle gesê het. Hy het geskryf: “God sê: Hierdie volk sê hulle respekteer My, maar dit is nie waar nie, hulle harte is ver van My. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus sê toe: “Jesaja was reg toe hy gesê het wat God van ’n klomp skynheilige mense soos julle dink. Daar staan geskryf: ‘God sê: Hierdie mense sê al die regte dinge voor God, maar hulle dien Hom nie uit hulle hart nie. |