Mark 7:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hulle bevel gegee dat hulle dit aan niemand moes vertel nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het hulle toe opdrag gegee om dit vir niemand te vertel nie, maar hoe meer Hy by hulle daarop aangedring het, hoe meer het hulle dit oral vertel.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het hulle beveel om dit aan niemand te sê nie; maar hoe meer Hy hulle dit beveel, hoe meer hulle dit verkondig.
Afrikaans 1983 Jesus het die mense belet om dit vir iemand anders te vertel, maar hoe meer Hy hulle belet het, hoe meer het hulle dit verkondig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het hulle beveel om dit aan niemand te vertel nie. Maar hoe meer Hy hulle dit beveel het, hoe meer het hulle dit uitbasuin.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het vir die mense gesê hulle mag vir niemand daarvan vertel nie. Hy het dit baie maal vir hulle gesê, maar hulle het aangehou om vir ander mense daarvan te vertel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus vra hulle toe mooi om nie vir enigiemand daarvan te vertel nie. Maar dit het nie veel gehelp nie.