Mark 7:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hom opsy gesit van die skare en sy vingers in sy ore gesit, en hy het gespoeg en sy tong aangeraak;
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het hom opsy geneem, heeltemal weg van al die mense af. Toe steek Hy sy vingers in die man se ore en smeer spoeg aan sy tong.
Afrikaans 1933/1953 En Hy neem hom opsy, weg van die skare, en steek sy vingers in sy ore, en spuug en raak sy tong aan;
Afrikaans 1983 Hy het hom eers eenkant toe gevat, weg van die mense af. Toe het Hy sy vingers in die man se ore gesteek en spoeg aan sy tong gesmeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat Hy die man eenkant toe geneem het, weg van die skare af, het Hy sy vingers in die man se ore gesteek, gespoeg en sy tong aangeraak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het die man weggeneem van die ander mense. Hy het sy vingers in die man se ore gesteek en Hy het spoeg aan die man se tong gesmeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus vat toe die man eenkant toe, weg van al die mense af. Hy druk sy vingers in die man se ore en raak met ’n bietjie spoeg op sy vinger aan die man se tong.