Mark 7:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die Fariseërs en al die Jode eet nie, as hulle nie gereeld hul hande was nie, volgens die oorlewering van die ouderlinge.
Afrikaans (NLV) 2011 (In navolging van hulle voorvaderlike tradisie eet die Jode, en in besonder die Fariseërs, nie voordat hulle hulle hande deeglik gewas het nie.
Afrikaans 1933/1953 Want die Fariseërs en al die Jode eet nie as hulle nie deeglik die hande gewas het nie, omdat hulle vashou aan die oorlewering van die ou mense.
Afrikaans 1983 Die Fariseërs, en tewens die Jode oor die algemeen, eet immers nie as hulle nie eers hulle hande behoorlik gewas het nie. So hou hulle hulle aan die oorgelewerde gebruik van die voorgeslagte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Fariseërs en al die Jode eet immers nie tensy hulle hulle hande deeglik gewas het nie, omdat hulle vasklou aan die tradisie van die voorouers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Fariseërs en al die Jode het altyd eers hulle hande op 'n spesiale manier gewas voordat hulle geëet het. Hulle het dit gedoen soos hulle voorouers altyd gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) (Daar was baie streng Joodse wette wat ’n mens moes volg om jouself rein en reg te kry om te eet. Die Jode sou nie eet voor hulle eers hulle hande gewas het nie. Hulle het dit van die ou tyd af so gedoen.