Mark 7:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy antwoord en sê vir hom: Ja, Here, tog eet die honde onder die tafel van die kinderkrummels.
Afrikaans (NLV) 2011 Waarop sy toe antwoord: “Here, die hondjies eet tog darem onder die tafel van die kinders se krummels.”
Afrikaans 1933/1953 En sy antwoord en sê vir Hom: Ja, Here, maar die hondjies eet darem onder die tafel van die kinders se krummels.
Afrikaans 1983 Sy het Hom geantwoord: “Here, die hondjies eet darem onder die tafel die kindertjies se oorskiet.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy antwoord Hom toe: “Here, die hondjies onder die tafel eet darem van die kindertjies se krummels.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vrou het vir Jesus gesê: “Dit is reg, Here, maar ook die hondjies onder die tafel eet van die krummels wat afval wanneer die kinders eet.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ag, dit is waar, Here,” kom die antwoord, “maar onrein mense sal tevrede wees met die stukkies kos van genade wat van die volk van God se tafel afval.”