Mark 7:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Jesus sê vir haar: Laat die kinders eers versadig word, want dit is nie reg om die brood van die kinders te neem en dit vir die honde te gooi nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus sê toe vir haar: “Ek moet eers my eie mense, die Jode, help. Dis glad nie mooi om die kinders se kos weg te vat en dit vir die huishondjies te gooi nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Jesus sê vir haar: Laat eers die kinders versadig word; want dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en vir die hondjies te gooi nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar Hy het vir haar gesê: “Wag dat die kinders eers klaar eet, want dit is nie mooi om die kinders se kos te vat en vir die hondjies te gooi nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het vir haar gesê: “Laat die kinders eers versadig word, want dit is nie mooi om die kinders se brood te neem en vir die hondjies te gooi nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Jesus het vir haar gesê: “Die Jode is die kinders van God. Hulle moet eers klaar eet. Die heidene is soos die hondjies wat buite is. Hulle moet wag, want dit is nie reg om die kinders se brood te vat en vir die hondjies te gooi nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus antwoord haar toe: “Wag jou beurt af. Dit is mos nie mooi om die geestelike kos uit Israel se mond te vat en dit vir onrein mense te gee wat nie deel van die verbondsvolk van God is nie.” |