Mark 7:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want 'n sekere vrou wie se jong dogter 'n onrein gees gehad het, het van hom gehoor en gekom en aan sy voete geval.
Afrikaans (NLV) 2011 Sommer gou het ’n vrou in wie se dogtertjie ’n onrein gees was, van Hom gehoor en voor sy voete kom neerval.
Afrikaans 1933/1953 Want 'n vrou wie se dogtertjie 'n onreine gees gehad het, het van Hom gehoor en gekom en voor sy voete neergeval.
Afrikaans 1983 'n Vrou wie se dogtertjie van 'n onrein gees besete was, het gou van Hom te hore gekom. Sy het gekom en voor sy voete neergeval.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En gou het daar 'n vrou wie se dogtertjie 'n onrein gees gehad het, van Hom gehoor, en voor sy voete kom neerval.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Vrou wie se dogtertjie 'n onrein gees in haar gehad het, het dadelik gehoor Jesus is daar. Sy het gekom en sy het voor Jesus gekniel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sonder om ’n oomblik te wag het ’n vrou met haar dogtertjie wat deur ’n bose gees gepla is na Hom toe gekom.