Mark 7:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daarvandaan het hy opgestaan en in die grense van Tirus en Sidon ingegaan en in 'n huis ingegaan en wou dat niemand dit wou weet nie, maar hy kon nie weggesteek word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het van Galilea noordwaarts vertrek na die omgewing van Tirus. Hy het Hom in ’n huis teruggetrek en wou dit stil hou, maar dit was onmoontlik.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het opgestaan en daarvandaan na die gebied van Tirus en Sidon vertrek. En toe Hy in die huis gegaan het, wou Hy nie dat iemand dit sou weet nie; maar Hy kon nie verborge bly nie.
Afrikaans 1983 Jesus het Hom gereed gemaak en daarvandaan weggegaan na die gebied van Tirus toe. Daar het Hy in 'n sekere huis tuis gegaan, en Hy wou nie hê dat iemand dit te wete moes kom nie. Tog kon Hy nie onopgemerk bly nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het daarvandaan weggegaan en na die gebied van Tirus vertrek. Hy het 'n huis binnegegaan en wou nie hê dat iemand dit moes weet nie; maar Hy kon nie onopgemerk bly nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het opgestaan en Hy het van daar weggegaan na plekke naby die stad Tirus. Hy het in 'n huis gaan bly, en Hy wou nie hê iemand moes weet Hy is daar nie. Maar die mense het gou uitgevind dat Hy gekom het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van daar af is Jesus na die omgewing van Tirus toe. Hy het stilletjies by ’n huis ingegaan in die hoop dat niemand sou agterkom dit is Hy nie. Maar die plan het nie gewerk nie, want die nuus het vinnig versprei dat Hy daar is.