Mark 7:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want van binne, uit die hart van die mense, kom slegte gedagtes, owerspel, hoererye, moorde, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want uit jou binneste, uit jou hart, kom slegte gedagtes, soos onsedelikheid, diefstal, moord, |
| Afrikaans 1933/1953 | Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, |
| Afrikaans 1983 | Van binne af, uit die hart van die mens, kom die slegte gedagtes: onkuisheid, diefstal, moord, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want van binne af, uit die hart van mense, kom slegte gedagtes, onsedelikheid, diefstal, moord, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [21-22] want die slegte dinge wat 'n mens dink, kom van binne, uit sy hart. Dit is die slegte dinge wat 'n mens dink wat hom laat sonde doen: soos om seks te hê met iemand met wie hy nie mag nie, of te steel, of 'n mens te vermoor, of egbreuk te pleeg, of ander mense se goed te wil hê, of slegte dinge te doen, of skelm te wees, of te doen net wat hy wil, of jaloers te wees, of sleg te praat van ander mense, of hoogmoedig te wees, of nie te dink wat hy doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Want dit is van binne af, uit wat ’n mens begeer, dat vuil gedagtes groei, soos om ander se goed te vat of jou seksueel sleg te gedra. Laat Ek ’n lysie maak. Ek praat van dinge soos moord, om |