Mark 7:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle sommige van sy dissipels sien brood eet met onreine, dit wil sê met ongewaste hande, het hulle fout gevind.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het agtergekom dat party van sy dissipels nie die gebruiklike Joodse ritueel gevolg het om hulle hande voor ete te was nie.
Afrikaans 1933/1953 en toe hulle sommige van sy dissipels met onrein, dit is met ongewaste, hande sien brood eet, het hulle dit afgekeur.
Afrikaans 1983 Hulle het gesien party van sy dissipels eet hulle kos met onrein hande, dit is met hande wat nie gewas is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle merk toe dat sommige van sy dissipels brood eet met •onrein, dit is met ongewaste, hande.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Fariseërs en die skrifgeleerdes het gesien party van die dissipels van Jesus het hulle kos met onrein hande geëet. Dit beteken hulle het nie hulle hande eers op 'n spesiale manier gewas nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het Jesus en sy volgelinge fyn dopgehou. Hulle sien toe dat ’n paar van sy volgelinge kos eet sonder om hulle hande te was, wat ingedruis het teen die wet van die Jode.