Mark 7:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat dit nie in sy hart ingaan nie, maar in die buik, en in die wind uitgaan en al die voedsel reinig?
Afrikaans (NLV) 2011 Kos gaan nie na jou hart nie, maar na jou maag en gaan weer uit jou liggaam uit.” (Daarmee het Jesus gewys dat ’n mens enige soort kos mag eet.)
Afrikaans 1933/1953 omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein?
Afrikaans 1983 omdat dit nie in sy hart ingaan nie maar in sy maag, en daarna uit sy liggaam uitgaan?” Daarmee het Hy alle kos rein verklaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die kos gaan immers nie na jou hart nie, maar na jou maag, en word dan in die privaat uitgewerp.” So het Hy alle kos rein verklaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want die kos gaan nie in sy hart in nie, maar in sy maag, en dan gaan dit weer uit sy liggaam uit.” Hierdie woorde van Jesus het beteken al die kos is rein.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Weet julle nie dat die kos wat ’n mens eet in jou maag beland en later weer uitgeskei word nie? Dit raak jou nie regtig hier diep binne-in nie en daarom maak dit nie dat God jou nie wil hê nie. (Dit beteken dat Jesus eintlik ook gesê het dat geen kos ’n mens vir God onrein en so onaanvaarbaar kan maak nie.)