Mark 7:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy sê vir hulle: Is julle ook so sonder verstand? Bemerk julle nie dat alles wat van buite in die mens ingaan, hom nie kan verontreinig nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Verstaan julle dit nie? Begryp julle nie dat wat ’n mens eet jou nie onrein kan maak nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy sê vir hulle: Is julle ook so sonder verstand? Begryp julle nie dat alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie, |
| Afrikaans 1983 | Hy sê toe vir hulle: “So, dan verstaan julle dit ook nie? Begryp julle nie dat niks wat van buite af in 'n mens ingaan, hom onrein kan maak nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sê toe vir hulle: “Is ook julle so sonder begrip? Verstaan julle nie dat niks wat van buite af in 'n mens ingaan, jou onrein kan maak nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir hulle gesê: “Julle is my dissipels, maar ook júlle verstaan dit nie. Die kos wat van buite in 'n mens ingaan, kan hom nie onrein maak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus sê toe: “Sjoe, verstaan julle so min van wat Ek gesê het? |