Mark 7:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Hy van die volk in die huis ingegaan het, het sy dissipels Hom gevra oor die gelykenis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het Jesus in ’n huis ingegaan om van die skare weg te kom. Daarna vra sy dissipels Hom uit na die bedoeling van sy stelling. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Hy van die skare af in 'n huis gekom het, vra sy dissipels Hom oor die gelykenis. |
| Afrikaans 1983 | Toe Hy van die menigte af weer huis toe gegaan het, het sy dissipels Hom oor hierdie beeldspraak uitgevra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En toe Hy 'n huis binnegegaan het, weg van die skare af, het sy dissipels Hom oor die gelykenis uitgevra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het in die huis ingegaan, weg van die klomp mense. Sy dissipels het vir Hom gevra wat die gelykenis beteken wat Hy vertel het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus gaan toe saam met sy paar getrouste volgelinge in die huis in. Nuuskierig vra hulle Hom toe wat Hy bedoel het. |