Mark 7:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar julle sê: As 'n man vir sy vader of moeder sê: Dit is Corban, dit wil sê 'n gawe, deur alles wat jy van my kan baat; hy sal vry wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle sê egter dit is heeltemal in orde as jy vir jou ouers sê: ‘Jammer, ek kan Pa en Ma nie help nie. Ek het alles waarmee ek vir Pa en Ma kon gehelp het, reeds aan die Here toegewy.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar julle sê: As 'n mens aan vader of moeder sê: Enige voordeel wat u van my mag geniet, is korban, dit is 'n offergawe -- |
| Afrikaans 1983 | Maar julle sê: ‘Iemand kan vir sy pa of sy ma sê: Enige gawe wat u van my sou kon kry, is korban,’ dit wil sê: 'n offergawe vir God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar julle sê, ‘As 'n mens vir jou vader of moeder sê, “Watter voordeel u ook al van my sou kon ontvang, dit is korban” – dit is 'n offergawe – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar julle sê iemand mag vir sy pa of vir sy ma sê: ‘Ek kan julle nie help nie, want die goed wat ek vir julle moes gee, is nou korban, dit beteken ek het dit vir die Here gegee.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar kyk wat het julle met Moses se woorde gemaak. Julle sê dat iemand vir sy ouers kan sê: ‘Jammer, ek het niks om vir julle te gee nie en ek kan julle ook nie help as julle hulp nodig het nie, want ek het al my goed vir die Here opsy gesit.’ |