Mark 6:55 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het deur daardie hele gebied rondom gehardloop en die siekes in die beddens begin ronddra waar hulle gehoor het dat hy was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het toe in die ganse omgewing rondgehardloop en die siekes op slaapmatte begin aandra oral waar hulle gehoor het dat Hy was. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle het in daardie hele omtrek rondgeloop en die wat ongesteld was, op bedde begin ronddra na die plek waar hulle hoor dat Hy is. |
| Afrikaans 1983 | en in daardie hele landstreek rondgegaan en dié wat ongesteld was, op draagbare begin aandra na waar hulle gehoor het dat Hy is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het haastig deur die hele landstreek gegaan en dié wat siek was, op slaapmatte begin aandra na waar hulle gehoor het Hy is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense het na al die plekke gehardloop, en hulle het die siek mense op hulle slaapmatte na Jesus toe gedra. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die nuus dat Hy daar is, het soos ’n veldbrand deur die hele gebied versprei. |