Mark 6:53 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle deurgetrek het, het hulle in die land Genesaret gekom en na die strand getrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het die see oorgesteek en by Gennesaret geland en anker gegooi. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nadat hulle oorgevaar het, het hulle by die land Genn,saret aangekom en daar aan wal gaan lê. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het toe land toe gevaar en by Gennesaret aan wal gegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat hulle na die oorkant gevaar het, het hulle by Gennesaret aan wal gegaan en vasgemeer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus en die dissipels het na die ander kant van die see gegaan, en by die stad Gennesaret gekom. Hulle het die boot daar vasgemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle anderkant by Gennesaret land, het hulle die skuit daar vasgemaak. |