Mark 6:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy kon daar geen kragtige werk doen nie, behalwe dat hy sy hande op 'n paar siekes gelê en hulle genees het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vanweë hulle vyandigheid kon Hy daar in Nasaret geen besondere wonder verrig nie, behalwe dat Hy sy hande op ’n paar siekes gesit en hulle gesond gemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy kon daar geen krag doen nie, behalwe dat Hy 'n paar siekes die hande opgelê en hulle gesond gemaak het. |
| Afrikaans 1983 | Hy kon daar geen enkele wonderwerk doen nie, behalwe dat Hy sy hande op 'n paar siekes gelê en hulle gesond gemaak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En Hy kon nie 'n enkele kragtige daad daar verrig nie, behalwe dat Hy 'n paar siekes gesond gemaak het deur hulle die hande op te lê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus kon nie een wonderwerk in Nasaret doen nie. Hy het sy hande net op 'n paar siek mense gesit en Hy het hulle gesond gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy kon nie eintlik wonderlike dinge daar doen nie, behalwe om ’n paar siek mense gesond te maak. |