Mark 6:46 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nadat Hy hulle weggestuur het, het Hy na die berg gegaan om te bid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het Hy alleen teen die berg op gegaan om te bid. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nadat Hy van hulle afskeid geneem het, het Hy na die berg gegaan om te bid. |
| Afrikaans 1983 | Nadat Hy hulle laat gaan het, het Hy die berg op gegaan om te bid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat Hy van hulle afskeid geneem het, het Hy na die berg gegaan om te bid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het die mense gegroet, en toe het Hy na die berg gegaan om te bid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadat Hy alles gereël het en die mense weg was, is Hy teen die berg op om te gaan bid. |