Mark 6:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dadelik het Hy sy dissipels gedwing om in die skip te klim en na die oorkant van Betsáida te gaan, terwyl Hy die volk weggestuur het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dadelik hierna het Jesus sy dissipels aangesê om weer in die skuit te klim en solank voor Hom uit na die oorkant, na Betsaida toe, te vaar terwyl Hy self die skare huis toe stuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dadelik het Hy sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en vooruit te vaar na die oorkant, na Bets ida, onderwyl Hy die skare sou wegstuur. |
| Afrikaans 1983 | Net daarna het Jesus sy dissipels aangesê om in die skuit te klim en solank vooruit te gaan na die oorkant, na Betsaida toe, terwyl Hy nog eers die mense huis toe stuur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En onmiddellik het Jesus sy dissipels verplig om in die boot te klim en vooruit na die oorkant te vaar, na Betsaida toe, terwyl Hy die skare wegstuur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het Jesus vir sy dissipels gesê hulle moet dadelik in die boot klim en hulle moet voor Hom na die ander kant van die see gaan, na die stad Betsaida. Jesus het agtergebly en vir die mense gesê hulle moet huis toe gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle klaar geëet het, het Jesus die klomp mense gevra om huis toe te gaan. Hy het ook sy klein groepie getrouste volgelinge solank met die skuit vooruitgestuur na Betsaida toe. |