Mark 6:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Jesus sê vir hulle: 'n Profeet is nie ongeëerd nie, maar in sy eie land en onder sy familie en in sy huis.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê Jesus vir hulle: “’n Profeet word oral geëer behalwe in sy tuisdorp en deur sy familie en sy huisgesin.”
Afrikaans 1933/1953 En Jesus sê vir hulle: 'n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en onder sy familie en in sy huis.
Afrikaans 1983 Jesus sê toe vir hulle: “'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring en sy gesin.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het toe vir hulle gesê: “'n Profeet is nie sonder eer nie, behalwe in sy tuisdorp, en binne sy familiekring en in sy huis.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het vir hulle gesê: “Die mense in ander stede luister na 'n profeet en hulle respekteer hom. Maar die mense in sy eie stad, in sy eie familie en sy eie huisgesin respekteer hom nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “So gaan dit maar,” het Jesus toe gesê. “Iemand wat deur God gestuur is om met mense oor God te praat word oral op die hande gedra, behalwe deur die mense onder wie hy grootgeword het.”