Mark 6:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Stuur hulle weg, dat hulle die land rondom en na die dorpe kan gaan en vir hulle brood kan koop, want hulle het niks om te eet nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Stuur die mense weg sodat hulle op die omliggende plase en in die dorpies iets kan gaan koop om te eet.”
Afrikaans 1933/1953 Stuur hulle weg, sodat hulle na die buitewyke en dorpe rondom kan gaan om brood vir hulleself te koop, want hulle het niks om te eet nie.
Afrikaans 1983 Stuur die mense terug sodat hulle op die plase in die omtrek en in die dorpies vir hulle iets te ete kan koop.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Stuur hulle weg na die plase in die omgewing en na die dorpies om vir hulleself iets te ete te gaan koop.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Stuur die mense weg sodat hulle na die plase en dorpies hier naby kan gaan en vir hulle kos kan koop om te eet.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dink U nie dit is ’n goeie plan om die mense te vra om gou by die winkeltjies in die omgewing vir hulle iets te gaan kry om te eet nie?”