Mark 6:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning was baie jammer; maar ter wille van sy eed en ter wille van hulle wat by hom gesit het, wou hy haar nie verwerp nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning was baie ontsteld hieroor, maar omdat hy nie sy eed wou verbreek nie — dit boonop nog voor sulke belangrike gaste — wou hy die meisie nie weier nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe word die koning baie bedroef, maar ter wille van die eed en die wat saam aan tafel was, wou hy haar nie afwys nie.
Afrikaans 1983 Die koning was baie verslae, maar omdat hy dit voor die gaste met 'n eed belowe het, wou hy haar dit nie weier nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het toe baie bedroef geword, maar ter wille van sy eed en die gaste wou hy haar dit nie weier nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het baie hartseer geword, maar al die mense wat saam geëet het, het gehoor wat hy belowe het, en hy wou nie sy belofte breek nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning was uit die veld geslaan en hartseer, maar hy moes sy woord hou. Hy het mos voor al sy gaste gesweer dat hy sou doen wat sy vra.