Mark 6:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy het dadelik inderhaas by die koning ingekom en gevra en gesê: Ek wil hê jy moet vir my die kop van Johannes die Doper op 'n bakkie gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy is dadelik na die koning toe en het hom gevra: “Ek wil dadelik die kop van Johannes die Doper op ’n skinkbord hê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En dadelik gaan sy haastig in na die koning en vra en sê: Ek wil hê dat u my op die daad die hoof van Johannes die Doper op 'n skottel gee. |
| Afrikaans 1983 | Sy het haastig reguit na die koning toe geloop en vir hom gevra: “Ek wil hê u moet vir my dadelik in 'n skottel die kop gee van Johannes die Doper.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het sy haastig direk na die koning gegaan en hom versoek: “Ek wil hê dat u onmiddellik vir my die kop van Johannes die Doper op 'n skinkbord bring.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die dogter het haastig na die koning toe gegaan en vir hom gesê: “Ek wil hê jy moet dadelik vir my die kop van Johannes die Doper in 'n skottel bring.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dogter vlieg net daar om, terug na Herodes toe: “Ek wil Johannes die Doper se kop op ’n skinkbord hê, en sommer dadelik, asseblief.” |