Mark 6:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy het uitgegaan en vir haar moeder gesê: Wat moet ek vra? En sy sê: Die hoof van Johannes die Doper.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy het toe uitgegaan en vir haar ma gaan vra: “Waarvoor moet ek vra?” Daarna het haar ma gesê: “Vra vir die kop van Johannes die Doper!”
Afrikaans 1933/1953 Daarop gaan sy uit en sê vir haar moeder: Wat sal ek vra? Toe antwoord sy: Die hoof van Johannes die Doper.
Afrikaans 1983 Sy het toe uitgegaan en vir haar ma gesê: “Wat moet ek vra?” Dié het gesê: “Die kop van Johannes die Doper.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy het toe uitgegaan en vir haar moeder gesê: “Wat moet ek vra?” En sy het geantwoord: “Die kop van Johannes die Doper.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dogter het na haar ma toe gegaan en vir haar gevra: “Wat moet ek vra?” Herodias het geantwoord: “Jy moet sê jy wil die kop van Johannes die Doper hê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy is toe daar weg, terug na haar ma toe: “Ma, wat moet ek vra?” Sonder om een oomblik te huiwer sê haar ma: “Vra dat hulle Johannes die Doper se kop afkap en vir jou gee.”