Mark 6:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die dogter van genoemde Heródias inkom en dans en Herodes en die wat by hom sit, behaag, sê die koning vir die meisie: Vra my net wat jy wil, en ek sal dit aan jou gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy dogter, wie se naam ook Herodias was, het in die feessaal ingekom en vir hulle gedans. Dit het groot byval by Herodes en al die gaste gevind. “Vra my enigiets wat jy graag wil hê,” het Herodes vir die meisie gesê, “en ek sal dit vir jou gee.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en toe die dogter van dieselfde Herodias inkom en dans, en Herodes en die wat saam aan tafel was, behaag, sê die koning vir die meisie: Vra my net wat jy wil, en ek sal dit aan jou gee. |
| Afrikaans 1983 | het die dogter van Herodias daar ingekom en vir hulle gedans. Dit het groot byval by Herodes en sy gaste gevind. Die koning het toe vir die meisie gesê: “Vra my net wat jy wil hê, en ek sal dit vir jou gee.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy dogter Herodias het ingekom en Herodes en hulle wat aangeleun het vir ete vermaak deur te dans. Die koning sê toe vir die meisie: “Vra my net wat jy wil, en ek sal dit vir jou gee.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Herodias se dogter het ingekom om vir hulle te dans. Koning Herodes en al die mense wat daar was, het baie daarvan gehou. Die koning sê toe vir die meisie: “Jy mag vir my enige iets vra wat jy wil hê, en ek sal dit vir jou gee.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dogter van Herodias kom dans toe vir hulle. Sy was ’n treffer. Herodes en sy gaste was in ekstase. So meegevoer, sê Herodes vir haar: |