Mark 6:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe 'n gerieflike dag aangebreek het, het Herodes op sy verjaarsdag 'n maaltyd gemaak vir sy here, hoë owerstes en owerstes van Galilea; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Herodias se kans het uiteindelik gekom toe Herodes op sy verjaarsdag ’n geselligheid vir sy amptenare en die weermagoffisiere en die hoëlui van Galilea gereël het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op die geskikte dag, toe Herodes op sy verjaarsdag vir sy groot manne en die owerstes oor duisend en die vernaamstes van Galil,a 'n maaltyd gegee het; |
| Afrikaans 1983 | Op 'n dag het Herodias 'n goeie kans gekry. Toe Herodes op sy verjaarsdag vir sy hoofamptenare en die opperbevelhebbers en die hoëlui van Galilea 'n feesmaal gegee het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Geskikte geleentheid het hom voorgedoen toe Herodes op sy verjaarsdag 'n feesmaal vir sy hoë amptenare, die chiliarge en die vooraanstaande mense van Galilea aangebied het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Eendag het Herodias gesien sy kan nou vir Johannes laat doodmaak. Koning Herodes het verjaar en hy het 'n groot fees gehou vir al sy belangrike amptenare en offisiere en die belangrike mense van die provinsie Galilea. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Herodias het haar kans gekry op Herodes se verjaarsdag. Hy het ’n groot partytjie gehou vir al die belangrike mense in Galilea. Al die hoë staatsamptenare was daar saam met die bevelvoerders van sy soldate en die leiers van die gemeenskap in Galilea. |