Mark 6:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die sabbatdag aangebreek het, het Hy in die sinagoge begin leer; en baie wat hom hoor, was verbaas en sê: Waarvandaan het hierdie man hierdie dinge? en watter wysheid is dit wat aan hom gegee word, dat selfs sulke magtige werke deur sy hande verrig word?
Afrikaans (NLV) 2011 Op die Sabbat het Hy in die sinagoge met onderrig begin. Baie van sy toehoorders was heeltemal uit die veld geslaan. Hulle het gevra: “Waarvandaan kry hy al hierdie dinge — hierdie besondere wysheid en die buitengewone krag om sulke wonders te verrig?
Afrikaans 1933/1953 En toe dit sabbat geword het, begin Hy in die sinagoge te leer, en baie wat Hom gehoor het, was verslae en sê: Waar kry Hy hierdie dinge vandaan, en watter wysheid is aan Hom gegee, dat ook sulke kragte deur sy hande plaasvind?
Afrikaans 1983 En toe die sabbatdag aanbreek, het Hy die mense in die sinagoge begin leer. Baie het na Hom geluister en is deur sy woorde aangegryp. Hulle het vir mekaar gesê: “Waar kom hy aan al hierdie dinge, en watter besondere gawe van wysheid het hy dat daar sulke kragtige dade deur sy hande plaasvind?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die Sabbat aanbreek, het Hy die mense in die •sinagoge begin leer, en baie van hulle wat Hom gehoor het, was verwonderd. Hulle het gesê: “Waar kom hy aan hierdie dinge, en watter wysheid is aan hom gegee, dat sulke kragtige dade deur sy hande plaasvind?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die Sabbatdag begin, het Hy vir die mense begin leer in die sinagoge. Baie mense het geluister na Hom. Hulle was baie verbaas en hulle het gesê: “Waar het hy al hierdie dinge geleer? Waar het hy hierdie wysheid gekry? Hoe kan hy hierdie wonderwerke doen?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die sabbat het Jesus die mense in die sinagoge meer van God gaan vertel. Baie van hulle was besonder beïndruk. Hulle het onder mekaar begin praat: “Waar het hy aan al hierdie dinge gekom? By wie het hy al hierdie kennis gekry? Om nie eens te praat van al die wonderlike dinge wat hy doen nie. Ons weet mos wie hy eintlik is.