Mark 6:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Herodes het self uitgestuur en Johannes gegryp en hom in die gevangenis geboei ter wille van Herodias, sy broer Filippus se vrou, want hy het met haar getrou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Herodes het voorheen, as ’n guns vir Herodias, soldate gestuur en Johannes laat arresteer en in die tronk opgesluit. Sy was na regte die vrou van sy broer Filippus, maar Herodes het haar as sy vrou gevat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Herodes self het gestuur en Johannes gevange geneem en hom in die gevangenis geboei, vanweë Herodias, die vrou van Filippus, sy broer, omdat hy met haar getrou het. |
| Afrikaans 1983 | Vroeër het Herodes self gestuur en Johannes laat vang. Hy het hom in die tronk opgesluit op aandrang van Herodias die vrou van sy broer Filippus. Herodes het met haar getrou, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Herodes self het immers vroeër mense gestuur en Johannes gevange laat neem, en hom in die tronk laat boei – en dit vanweë Herodias, die vrou van sy broer Filippus, omdat hy met haar getrou het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [17-18] Herodes het voor daardie tyd soldate gestuur om Johannes te vang en te boei en in die tronk toe te sluit. Herodes het getrou met Herodias, sy broer Filippus se vrou, en Johannes het aangehou om vir Herodes te sê hy mag nie met sy broer se vrou trou nie. Daarom het Herodes vir Johannes laat vang. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [17-19] Laat ek eers die verhaal vertel hoe Herodes Johannes se kop laat afkap het. Die einste Herodes het soldate gestuur om Johannes te vang en in die tronk te stop. Herodias het hom omgepraat om dit te doen. Sy was eers sy broer Filippus se vrou, maar Herodes het toe met haar getrou. Johannes het dit nie daar gelos nie en reguit vir Herodes gesê: “God hou nie daarvan dat jy jou broer se vrou gevat het nie.” Daaroor was Herodias natuurlik woedend en het begin planne maak om Johannes dood te maak. Maar sy kon dit nie regkry nie, |