Mark 6:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En koning Herodes het van hom gehoor; (want sy naam is in die buiteland versprei) en hy het gesê: Johannes die Doper is uit die dode opgewek, en daarom word kragtige werke in hom openbaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Herodes Antipas, die koning, het ook van Jesus gehoor, want almal het van Hom gepraat. Party het gesê: “Hy moet Johannes die Doper wees wat uit die dood opgestaan het. Dit verklaar waarom Hy sulke wonderwerke kan doen.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe koning Herodes dit hoor -- want sy naam het bekend geword -- het hy gesê: Johannes die Doper het uit die dode opgestaan, en daarom werk die kragte in Hom. |
| Afrikaans 1983 | Koning Herodes het van Jesus gehoor, want sy Naam het bekend geraak. Party mense het gesê: “Johannes die Doper is uit die dood opgewek. Daarom werk die kragte in hom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Koning Herodes het van Jesus gehoor, want sy Naam het bekend geword. Sommige het gesê dat Johannes die Doper uit die dood opgewek is, en dié kragte daarom in hom werk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die mense het oor Jesus gepraat, daarom het koning Herodes ook van Hom gehoor. Party mense het gesê: “Jesus is Johannes die Doper. Johannes het gesterf, maar hy lewe weer. Daarom doen hy wonderwerke.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nuus oor al hierdie dinge het by koning Herodes uitgekom, want oral het mense oor Jesus gepraat. Hy was baie gewild. Party het selfs gesê: “Johannes die Doper is terug uit die dood en daarom het hy die krag om al hierdie wonderlike dinge te doen.” |