Mark 5:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dadelik het die meisie opgestaan en geloop; want sy was twaalf jaar oud. En hulle was verstom met 'n groot verbasing.
Afrikaans (NLV) 2011 Onmiddellik het die dogtertjie op haar voete gekom en begin rondstap — sy was immers al twaalf jaar oud. Haar ouers was absoluut in ekstase.
Afrikaans 1933/1953 En die dogtertjie het dadelik opgestaan en begin rondloop, want sy was twaalf jaar oud. En hulle was uitermate verbaas.
Afrikaans 1983 Dadelik het die dogtertjie opgestaan en begin loop; sy was al twaalf jaar oud. Die mense was stom van verbasing.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dadelik het die dogtertjie opgestaan en begin loop. Sy was twaalf jaar oud. Hulle was stom van verbasing.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dogtertjie het dadelik opgestaan en begin rondloop. Sy was twaalf jaar oud. Die mense was toe baie verbaas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [42-43] Die dogtertjie het dadelik opgestaan en tussen hulle rondgestap. Sy was twaalf jaar oud. Jesus vra toe dat iemand vir haar kos moet gee. Die mense wat daar gestaan het, was totaal uit die veld geslaan. Jesus het hulle baie mooi gevra om nie vir enigiemand te vertel wat daar gebeur het nie.