Mark 5:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die meisie aan die hand geneem en vir haar gesê: Talitha cumi! dit is, as dit vertaal word: Meisie, sê Ek vir jou, staan op!
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Hy haar hand vat, sê Hy vir die kind: “Dogtertjie, staan op!”
Afrikaans 1933/1953 Toe gryp Hy die hand van die kind en sê vir haar: Tal¡ta, koemi! wat, as dit vertaal word, beteken: Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op!
Afrikaans 1983 Hy vat toe die kindjie se hand en sê vir haar: “Talita, koem!” Dit beteken: Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy neem toe die kindjie se hand en sê vir haar, “Talita koem!” wat, as dit vertaal word, beteken ‘Dogtertjie, Ek sê vir jou: Staan op!’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus neem toe die kind se hand en Hy sê vir haar: “Talita, koem!” Dit beteken “Dogtertjie, staan op!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus vat die dogtertjie se hand en sê: “Talita koem!” (Dit beteken: “Dogtertjie, Ek sê, staan op.”)