Mark 5:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het hom uitgelag. Maar nadat hy hulle almal uitgeroei het, neem hy die vader en die moeder van die meisie en die wat by hom was, en gaan in waar die meisie gelê het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die klomp het Hom uitgelag. Maar Hy het almal buitentoe gestuur. Toe vat Hy die kindjie se pa en ma en die drie dissipels na die vertrek waar sy lê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het Hom uitgelag. Maar Hy het almal uitgedryf en die vader van die kind saamgeneem en die moeder en die wat by Hom was, en ingegaan waar die kind lê. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het Hom uitgelag. Hy het almal beveel om uit te gaan. Hy het net die pa en die ma van die kindjie en die drie dissipels wat by Hom was, saamgeneem en in die kamer ingegaan waar die kindjie was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het Hom egter uitgelag. Maar nadat Hy almal uitgejaag het, het Hy die vader van die kindjie, haar moeder en dié wat by Hom was, saamgeneem en ingegaan na waar die kindjie was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die mense het gelag omdat Jesus gesê het sy slaap. Jesus het almal uit die huis gejaag. Toe neem Hy die pa van die kind en haar ma saam met Hom, en ook die drie dissipels wat by Hom was. Hulle het ingegaan in die kamer waar die kind was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense bars toe uit van die lag asof Jesus nie weet wat Hy sê nie. Hy jaag toe al die mense uit die huis uit, behalwe die ouers en sy drie volgelinge. Saam is hulle na die bed van die dogtertjie toe. |