Mark 5:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat hy dikwels met kettings, en die kettings deur hom uitmekaar geruk en die kettings in stukke gebreek is; en niemand kon hom tem nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy is dikwels met voet- en handboeie vasgemaak; dan het hy die handboeie oopgeforseer en die voetboeie uitmekaargeruk. Gevolglik kon net mooi niemand hom beheer nie.
Afrikaans 1933/1953 want hy was dikwels met voetboeie en kettings gebind, en die kettings is deur hom uitmekaar geruk en die voetboeie stukkend gebreek; en niemand was in staat om hom te tem nie.
Afrikaans 1983 want hulle het hom al dikwels met voet- en handboeie vasgemaak, maar dan ruk hy die handboeie uitmekaar en skop die voetboeie stukkend. Niemand kon hom baasraak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy was trouens al dikwels met voetboeie en kettings vasgebind, maar hy het die kettings losgeruk en die voetboeie stukkend gebreek. Niemand kon hom beheer nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense het baie maal sy hande en sy voete vasgebind, maar hy het die kettings en die voetboeie stukkend gebreek. Niemand kon hom vashou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het probeer om sy hande en voete met kettings te boei, maar dit het niks gehelp nie. Hy het dit uitmekaargeruk.