Mark 5:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Hy inkom, sê Hy vir hulle: Waarom maak julle so 'n raas en ween? die meisie is nie dood nie, maar slaap.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy gaan toe in die huis in en sê vir die mense: “Waarom lawaai en huil julle so? Die kind is nie dood nie; sy slaap net.”
Afrikaans 1933/1953 En toe Hy binnegaan, sê Hy vir hulle: Waarom gaan julle so te kere en ween julle? Die kind is nie dood nie, maar slaap.
Afrikaans 1983 Hy het ingegaan en vir hulle gesê: “Wat raas en huil julle so? Die kindjie het nie gesterwe nie, sy slaap net.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy gaan toe in en vra vir hulle: “Waarom gaan julle so tekere en huil julle? Die kindjie het nie gesterf nie, maar slaap net. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het ingegaan en vir hulle gesê: “Hoekom raas en huil julle so baie? Die kind is nie dood nie, sy slaap.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus gaan toe in en vra vir hulle: “Vir wat gaan julle so te kere? Die kind slaap net. Sy is nie dood nie.”