Mark 5:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy kom by die huis van die owerste van die sinagoge en sien die rumoer en die wat baie geween en gehuil het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle by die huis van die leier van die sinagoge aankom, sien Jesus die hele gedoente van mense wat huil en klaagkrete laat hoor. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy kom in die huis van die owerste van die sinagoge en sien 'n rumoer: mense wat baie ween en huil. |
| Afrikaans 1983 | Hy kom toe by die huis van die raadslid van die sinagoge aan en sien die hele gedoente van mense wat verskriklik huil en te kere gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle by die leier van die sinagoge se huis kom, sien Hy 'n geroesemoes, en mense wat huil en erg weeklaag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hulle by Jaïrus se huis kom, hoor Jesus 'n klomp mense raas baie hard. Hulle was besig om te huil en te treur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle by Jaïrus se huis aankom, was daar ’n groot klomp mense wat vreeslik huil en rou. Hulle het vreeslik te kere gegaan en ’n lawaai gemaak. |