Mark 5:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Terwyl hy nog spreek, kom daar van die owerste van die sinagoge se huis sommige wat sê: Jou dogter is dood; waarom pla jy die Meester verder? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl Hy nog besig was om met haar te praat, kom daar boodskappers van Jaïrus se huis af met die boodskap: “Jou dogter is dood. Dit sal nie help om die leermeester langer lastig te val nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl Hy nog spreek, kom daar mense van die owerste van die sinagoge se huis en sê: U dogter is dood. Waarom val u die Meester nog lastig? |
| Afrikaans 1983 | Terwyl Jesus nog met die vrou praat, kom daar mense van die raadslid van die sinagoge se huis af en sê vir hom: “U dogter het gesterwe. Waarom val u nog ons Leermeester lastig?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl Hy nog praat, kom daar mense van die leier van die sinagoge se huis af en sê: “U dogter het gesterf. Waarom val u die leermeester nog lastig?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jaïrus was 'n hoof van die sinagoge. Daar het mense van sy huis na hom toe gekom. Jesus was besig om met die vrou te praat, en toe sê die mense vir Jaïrus: “Jou dogter is dood. Hoekom pla julle nog die Meneer?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus was nog besig om met die vrou te praat toe ’n paar mans van Jaïrus (die leier van die sinagoge) se huis af daar aankom. Hulle het slegte nuus gehad: “Jou dogter is dood. Los vir Jesus. Moet Hom nie verder pla nie.” |