Mark 5:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die vrou wat vrees en bewe het, omdat sy geweet het wat in haar gebeur het, het gekom en voor hom neergeval en hom die hele waarheid vertel.
Afrikaans (NLV) 2011 Onder die besef van wat met haar gebeur het, het die vrou, bewend van angs, voor Hom kom neerval en vir Hom alles openhartig vertel.
Afrikaans 1933/1953 Die vrou, wat gevrees en gebeef het omdat sy wis wat met haar gebeur het, kom toe en val voor Hom neer en vertel Hom die hele waarheid.
Afrikaans 1983 Die vrou het geskrik en gestaan en bewe, want sy het besef wat met haar gebeur het. Sy het toe voor Hom op haar knieë kom val en vir Hom haar hele geskiedenis vertel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die vrou besef wat met haar gebeur het, het sy bewend van vrees voor Hom kom neerval en Hom die volle waarheid vertel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die vrou sien wat met haar gebeur het, het sy gebewe, want sy was baie bang. Sy het gekom en voor Jesus gekniel en sy het vir Hom vertel wat gebeur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die vrou het besef wat met haar gebeur het. Vrees het haar beetgepak en sy het begin bewe. Sy val toe voor Jesus neer en vertel Hom alles.