Mark 5:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het hom baie gesmeek en gesê: My dogtertjie lê op die punt van die dood. Kom tog en lê jou hande op haar, dat sy gesond kan word; en sy sal lewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en pleit ernstig by Hom: “My dogtertjie is op haar laaste. Kom sit tog u hande op haar sodat sy gesond kan word en bly lewe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en smeek Hom dringend en sê: My dogtertjie is op haar uiterste; kom lê haar die hande op, sodat sy gesond kan word, en sy sal lewe. |
| Afrikaans 1983 | en smeek Hom dringend: “My dogtertjie lê op haar uiterste. Kom lê tog u hande op haar, sodat sy kan gesond word en lewe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en smeek Hom ernstig: “My dogtertjie lê op sterwe. Kom lê u hande op haar, sodat sy gesond kan word en leef.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en vir Jesus gesoebat: “My dogtertjie is baie siek en sy gaan sterf. Kom sit asseblief u hande op haar sodat sy gesond kan word en kan lewe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Uit sy hart uit het hy Jesus begin smeek: “My dogtertjie is besig om dood te gaan. Asseblief, kom vat net aan haar en ek weet sy sal bly leef. Asseblief!” Jesus is toe saam met hom. |