Mark 5:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, daar kom een van die owerstes van die sinagoge met die naam van Jaïrus; en toe hy hom sien, val hy voor sy voete neer, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Leier van die plaaslike sinagoge, ’n man met die naam Jaïrus, kom toe na Hom toe. Toe hy Jesus sien, val hy voor Hom neer |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar kom een van die owerstes van die sinagoge met die naam van Ja‹rus; en toe hy Hom sien, val hy aan sy voete neer |
| Afrikaans 1983 | Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy knieë voor Hom |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Een van die leiers van die •sinagoge, met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. En toe hy Hom sien, val hy voor sy voete neer |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jaïrus, een van die hoofde van die sinagoge, het daar aangekom. Toe hy vir Jesus sien, het hy voor Hom op die grond geval |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Onder die mense was Jaïrus. Hy was ’n belangrike man, want hy was die leier van die sinagoge waar die Jode bymekaargekom het. Toe hy Jesus sien, val hy voor Hom neer en gryp sy voete vas. |