Mark 5:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Jesus weer per skip oorgevaar is na die oorkant, het baie mense by Hom saamgedrom, en Hy was naby die see.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Jesus weer per skuit die see oorgesteek. Daar het ’n groot skare op die strand om Hom saamgedrom.
Afrikaans 1933/1953 En toe Jesus weer in die skuit oorgevaar het na die ander kant, het 'n groot menigte by Hom vergader. En Hy was by die see.
Afrikaans 1983 Jesus het daarna met die skuit teruggevaar oorkant toe en toe Hy nog daar by die see was, het 'n groot menigte om Hom saamgedrom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat Jesus weer met die boot na die oorkant gevaar het, het 'n groot skare om Hom saamgedrom waar Hy langs die see was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het Jesus weer in die boot na die ander kant van die see gegaan. 'n Klomp mense het daar langs die see by Hom bymekaargekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na die episode met die Geraseners is Jesus weer met die skuit terug na die oorkant toe. Toe Hy op die strand uitklim, het ’n massa mense om Hom saamgedrom.